Johannes 15:15
“Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die diensknegte nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.”
Johannes 15:15
Jesus was volmaak en geen van ons mense is volmaak nie, maar ons kan streef na volmaaktheid en prober leef soos Jesus aan ons die voorbeeld gestel het. Baie van ons gooi tou op, nog voordat ons prober het om soos Jesus te leef te wees. Dit maak ons egter nie ook ‘n Jesus nie, maar wel Sy vriende.
Hy het alles wat die Vader met Hom gedeel het, met ons gedeel. Ons leer daagliks iets nuuts en weet wanneer ons verkeerd gaan. Almal se doelwit behoort egter dieselfde te wees, en dit is om in harmonie met Christus te lewe en sy Gees te besit.
Om sy Gees te besit vereis ‘n sterk geloof. Om ‘n sterk geloof te verkry moet ons ‘n ernstige gebedslewe uit oefen en ook getrou wees in ons Skriflesing.
Jesus is ons Vriend, Iemand om na op te kyk en ons Rolmodel. Streef daarna om Sy wil te doen.
1 Johannes 3:18
“My kinders, laat ons nie liefhê met woorde
of met die tong nie, maar met die dade
en waarheid.”
1 Johannes 3:18
Wanneer ons kyk na Jesus se lewe, was Hy beslis ‘n daadmens. Kyk na al die wonderwerke wat Hy verrig het, en die liefde wat Hy met almal gedeel het. Sy bediening was diep geestelike maar die liefdesdade het uit gestaan bo alles.
Wanneer ons liefde betoon, help woorde nie veel nie. Liefde word gewys deur ons dade. Dit help nie om net vir iemand in nood te bid nie, ons moet iets doen om te help dat die nood ligter word. Deur ‘n telefoon oproep aan iemand wat eensaam is, ‘n kaartjie aan iemand wat siek in die hospitaal is, daar is so baie wat ons kan doen om liefde te betoon. Dit het nie regtig nodig om duur en onbekostigbare geskenke te wees nie, ietsie klein met ‘n opregte hart het veel meer waarde as die duurste geskenkie op die rak.
1 Johannes 4:4
1 Johannes 4:4
“Julle is uit God, my kinders,
en het hulle oorwin, omdat
Hy wat in julle is, groter is
as hy wat in die wêreld is.”
1 Johannes 4:4
Christen lewe is al baie beskryf as ‘n stryd. Ons is in ‘n stryd gewikkel teen bose magte en versoekings, wat ons nie in eie krag kan oorwin nie. Ons kan nie op ons eie krag en vermoëns staat maak nie, want die bose gaan ons oorweldig. Ons as volgelinge van God, weet dat ons innerlike krag van Hom verkry kan word. Ons kan elke teenstander in Sy krag en vertroue aandurf.
Ons moet ons beroep op die almag van Christus wanneer ons te swak is vir die stryd.
In die krag van Jesus Christus, kan ons elke negatiewe mag en versoeking oorwin.