Jesaja 40:31
“maar die wat op die Here wag,
kry nuwe krag; hulle vaar op met
vleuels soos die arende;
hulle hardloop en word nie moeg nie,
hulle wandel en word nie mat nie.”
Jesaja 40:31
Wanneer ons moeg en moedeloos raak, gaan kniel ons voor God.
Hy is die Een wat ons geestelike krag gee. Deur op God te vertrou, na te dink aan Sy grootheid en heerlikheid, die geloofswaarhede wat Jesus Christus aan ons geopenbaar het, is dit net onmoontlik om swak te bly. God is ons bron van krag, ons moet net op Hom vertrou en loof om ons kragte weer te laai.
Dit beteken nie dat ons net deur erediens aan God kan sing en Hom loof nie, ons hele lewe moet eer betoon aan Hom. Ons vertroue en lofprysing aan God, moet ons gedagtes en hart oorheers. Dan eers is ons dank aan God opreg en spontaan en sal ons met krag gevul word deur die Heilige Gees.