Lukas


Lukas 9:48

“Elkeen wat hierdie kindjie ontvang in my Naam,
ontvang My; en elkeen wat My ontvang,
ontvang Hom wat My gestuur het;
want wie die kleinste onder julle almal is,
hy sal groot wees.”
Lukas 9:48

Volgens die wêreld se siening is dié met baie geld, baie grade, hoë aansien, werklik groot. Volgens hierdie standaarde is dit onmoontlik om almal groot te wees. Ons is nie almal hoog geleerd, ryk of wêreld bekend nie. Dankie tog dat dit nie so werk in ons geestelike lewe nie.

Die pad na geestelike grootheid is oop vir almal wat daarop wil wandel. Vir die van ons wat waarlik streef na geestelike volwassenheid, weet dat uiterlike vertooning onnodig is. Geestelike grootheid is in ons diepste wese begin en dan word dit deur ons daaglikse handel en wandel in ons lewe weerkaats. Ons kan nie geestelike groei, as ons nie God beter leer ken nie. Alleenlik die lering van die Heilige Gees, tyd saam met God en gebed, bestudering van die Woord, kan ons kennis vergroot.

Ons groei volmaak deur die liefde wat ons het vir Jesus en ons medemens. Liefde is die finale toets. Sonder liefde besit jy niks al besit jy die wêreld.