Filippense

Filippense_3:14 
“Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is
en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel
om die prys te verkry van die hoë roeping van God
in Christus Jesus.”

Los die dinge van gister, fokus op die nuwe dag van more.
Gister hou ons terug en krap weer alles oop,
Dit breek die spoed wat ons moet opmaak vir die dag
Wat voorlê. Wanneer ons regtig terug wil kyk, kyk na
Die dinge wat ons laat groei in die geloof, in Jesus en
Dinge wat vir ons belangrik genoeg is wat ons sal help
Om ‘n beter mens te word en ‘n sterker Christen.


~Ronél Jansen van Rensburg~

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.