Mattheus

Mattheus 16:26

“Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly?
Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?”
Mattheus 16:26

Ons almal wil graag iets uit die lewe haal. As jong tieners het ons reeds die droom gehad van wat ons eendag wil word. Hierdie drome bepaal die kwalitiet van ons lewe. Maar om net te droom bring ons niks verder nie, mits ons uitgaan met inspanning en toewyding en ons drome verwesenlik.

Aardse besittings of sosiale gewildheid gaan onreg aan ons doen, waar die skoonheid en krag van God ons ware rykdom kan wees. Moenie die wêreld waarin jy leef en jou werk jou god maak en God self op die kantlyn skuif nie. Plaas God sentraal in jou lewe en raak opnuut bewus van Sy teenwoordigheid.