Markus 11:24
“Daarom sê Ek vir julle:
Alles wat julle in die gebed vra,
glo dat julle dit sal ontvang,
en julle sal dit verkry.”
Markus 11:24
Wanneer ons glo en vertrou dat God sal gee wat ons vra, gaan Hy regtig vir ons gee.
Wanneer ons dit op die nodigste het, sal dit daar wees vir ons. As ons nie met geloof gaan vertrou en wag nie, gaan die negatiewe gedagtes begin oorheers. Ons glo tog in die goedheid van God, so ons kan dan nie vrees dat Sy goedheid nie na ons kant toe sal kom nie.
Ons glo dat God mense se lewe verander, maar weier om te wees wat God vir ons beplan het en hoe Hy wil hê ons moet wees. Ons wil God dien, maar so wil ons ook ons self behaag. Moenie laat negatiewe gedagtes jou geestelike groei belemmer nie. Wees te alle tye positief, groei in die geloof, vertrou op God, want solank as wat ons in Sy wil wandel sal ons ontdek dat ons geloof van krag tot krag gaan.